佞臣是什么意思| 为什么下雨会打雷| 东星斑为什么这么贵| 老班章是什么茶| 为什么有些人怎么吃都不胖| 扁桃体肿大吃什么药好| viomi是什么牌子| 甲沟炎是什么症状| 鸡蛋和什么食物相克| 糖尿病患者可以吃什么水果| 呼吸有异味是什么原因| 谢娜什么星座| agoni什么意思| 为什么会尿血| 女人身体弱带什么辟邪| 右眼一直跳是什么预兆| 玫瑰的花语是什么| 血用什么能洗掉| 河南有什么景点| camouflage什么意思| 私通是什么意思| 羞明畏光是什么意思| 血压什么时候量最准确| 肚子痛去医院挂什么科| 重症肌无力用什么药| 脂肪肝应注意什么| 骨穿是检查什么病| 胃消化不良吃什么药| 治未病科是看什么病的| 防晒霜和防晒乳有什么区别| 尿检蛋白质弱阳性是什么意思| 淋巴细胞偏低是什么意思| 什么是性压抑| 羊水为什么叫羊水| 什么是华人| 打完耳洞要注意什么| 通宵是什么意思| 6月30日是什么座| 吴用的绰号是什么| 头痒用什么洗头可以止痒| 吃什么东西会长胖| 肾阳虚吃什么药最好| 龙头凤尾是什么生肖| 武则天代表什么生肖| 谷子是什么意思| 芝士是什么东西| 不孕不育查什么项目| 吃饭容易出汗是什么原因| 石斛什么价格| 钙片什么时候吃好| 左上腹疼是什么原因| 牙龈出血是什么病的前兆| nokia是什么牌子的手机| no是什么| 宿主是什么意思| 甲骨文是什么朝代的| 生僻字什么意思| 塞保妇康为什么会出血| 三下乡是什么意思| 木命人五行缺什么| mra是什么牌子| f4是什么意思| 什么药治鼻炎| 脚凉吃什么药| 吃什么可以祛痘排毒| 过度纵欲的后果是什么| 什么是激素脸| 深情什么意思| 牙槽骨吸收是什么意思| 痔疮长什么样子图片| alaska是什么意思| absolue是兰蔻的什么产品| 耿直是什么意思| 梦见鸡是什么意思| 梦见掉牙齿是什么意思| 吃葵花籽有什么好处和坏处吗| 血月代表什么| 发烧是什么原因| 护士节送什么鲜花| 警察两杠一星是什么级别| 脚围指的是什么| 与生俱来是什么意思| 肌炎有什么症状| 拔智齿当天可以吃什么| 什么瓜不能吃| BCG是什么意思| 女士内裤用什么洗最好| 人为什么需要诗歌| 放屁多是什么原因引起的| 挂号信什么意思| 什么的坐着| 助听器什么牌子最好| 吃什么下火| 白绫是什么意思| 品是什么意思| 血肌酐高是什么原因| 小孩长白头发是什么原因| 什么病不能吃豆制品| 什么是体外受精| 日照香炉生紫烟的香炉是什么意思| 来大姨妈量少是什么原因| 芦荟有什么好处| 任劳任怨是什么生肖| 虎的偏旁是什么| 为什么加油站不能打电话| 一喝水就尿多是什么原因| 什么变什么化| 为什么辰不能见亥| 百什么百什么的成语| 知了猴是什么东西| 空调嗡嗡响是什么原因| 梦到吃螃蟹是什么意思| gary什么意思| 吃什么不长胖| 未来的未多一横念什么| 老年斑用什么药膏可以去掉| 21岁属什么| 农历六月是什么星座| 双肺索条灶是什么意思| 阴茎硬不起来吃什么药| 脚上长疣是什么原因| 鹅和什么一起炖最好吃| 双一流大学是什么意思| 斯德哥尔摩综合症是什么意思| 中将是什么级别| 女生私处长什么样| 骑自行车有什么好处| 胃肠炎吃什么药好| 婴儿眼屎多是什么原因| 老汉是什么意思| 心灵鸡汤什么意思| 浑身乏力什么病的前兆| 来月经为什么会头疼| 886是什么意思| 绝情是什么意思| 肺上有结节是什么病| 检查胃镜需要提前做什么准备| 聿字五行属什么| 九月十七是什么星座| 36是什么意思| 华人是什么意思| 月经下不来是什么原因| 穿山甲吃什么| 梦见锁门是什么意思| 酸菜鱼是什么地方的菜| 什么东西越吃越饿| 阿迪达斯是什么牌子| 阴茎中途疲软吃什么药| 纯磨玻璃结节是什么意思| 乌鸡汤放什么补气补血| 打饱嗝吃什么药| 吃什么增强免疫力| 12月29号是什么星座| 春代表什么生肖| 咳白色泡沫痰吃什么药| 密云有什么好玩的地方| 东南五行属什么| 湿疹有什么症状| 每天早上起床头晕是什么原因| 丝苗米是什么米| 黑茶属于什么茶| 心衰竭吃什么药效果好| 酸化是什么意思| 小麻雀吃什么| 什么水果含糖量高| 锁骨疼是什么原因| 雨露均沾是什么意思| 总是失眠是什么原因| 常温是什么意思| 哔哩哔哩是干什么的| 脸色暗沉发黑什么原因| 1977年是什么年| 流产有什么症状或感觉| 一个九一个鸟念什么| 中国黄金为什么便宜| 吃了螃蟹后不能吃什么| 转氨酶高是什么病| 9.7是什么星座| 梦见抓蛇是什么预兆| sdeer是什么牌子| 下焦湿热是什么意思| 什么布料最好| 心率过快吃什么药最好| 退休工资什么时候补发| 羊肉水饺配什么菜好吃| 排卵期有什么症状| ff是什么牌子| 一什么枣| 桃子不能和什么食物一起吃| 临床是什么意思| 属鸡的是什么命| 性格好是什么意思| 什么鱼适合红烧| 皮肤瘙痒用什么药| 肺主皮毛是什么意思| 早上11点是什么时辰| 5月8日什么星座| 4月份什么星座| 降火吃什么药| 喷塑工是干什么的| 白带褐色什么原因| 不孕不育的症状是什么| 最大的淡水湖是什么湖| 眼睛充血是什么原因造成的| 四大发明有什么| 古代女子成年行什么礼| 疝气吃什么药| 绿豆和什么一起煮好| 什么是肾癌| 血脂高是什么原因引起| 月经提前10天正常吗是什么原因| 交警中队长是什么级别| 什么鸡适合炖汤| 黄疸是什么病| 贡生相当于现在的什么| 导滞是什么意思| 成语一什么不什么| 缺铁吃什么补得最快| 蓝海是什么意思| 吃什么东西涨奶最快| 牙周炎吃什么药效果好| 排档是什么意思| 911是什么电话| 纪年是什么意思| 脂溢性皮炎是什么症状| 什么能力| 什么是认知| 什么是根号| 怀孕吃什么有营养| 五指毛桃根有什么功效| e大饼是什么牌子| 45年属什么生肖| 蚝油是干什么用的| 牙龈紫色是什么原因| 泌尿系感染吃什么药| 胃寒吃什么中成药| 什么症状提示月经马上要来了| 肺不好有什么症状| 手指关节痛是什么原因| 气山读什么| 告别是什么意思| 27虚岁属什么生肖| 什么的石头| 入职体检挂什么科| dodo是什么意思| 瘙痒是什么意思| 法令纹上的痣代表什么| 梦见杀人了是什么意思| 嘴角疱疹用什么药膏| 什么时间喝牛奶最佳| zv是什么品牌| 发烧吃什么| 腰痛宁胶囊为什么要用黄酒送服| 10月16是什么星座| 什么是天珠| 青储是什么| 大卡是什么意思| 2017年五行属什么| 南通有什么特产| 每个月14号都是什么情人节| 吃东西容易呛到是什么原因| 白带过氧化氢阳性是什么意思| 体检胸片是检查什么的| 屌丝是什么| 百度Gaan na inhoud

盼头是什么意思

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
百度 IHS简氏信息集团的陆战平台分析家塞缪尔·克兰尼-埃文斯说,中国有着试验无人车辆的历史。

Asi?

Ligging van Asi? op 'n wêreldkaart

Oppervlakte 44 579 000 km2 (1ste)[1]
Bevolking 4 164 252 000 (2013, 1ste)[2]
Bevolkingsdigtheid 87/km2
Lande 48 VN-lidlande en 6 ander lande
Afhanklike gebiede 6
Taalfamilies Sino-Tibettaans
Indo-Europees
Alta?es
Austro-Asiaties
Tai-Kadai
Austronesies
Drawidies
Semities
Siberies
Kaukasies
Tydsones UTC+2 (Turkye) tot UTC+12 (Russiese Verre-Ooste)
Grootste stede Vlag van Japan Tokio
Vlag van Indonesi? Djakarta
Vlag van Indi? Delhi
Vlag van Pakistan Karatsji
Vlag van Suid-Korea Seoel
Vlag van Volksrepubliek China Sjanghai
Vlag van Filippyne Manila
Vlag van Indi? Mumbai
Vlag van Volksrepubliek China Beijing
Vlag van Volksrepubliek China Guangzhou
Vlag van Japan Osaka
Vlag van Bangladesj Dhaka
Vlag van Thailand Bangkok
Vlag van Indi? Kolkata
Vlag van Iran Teheran

Asi? is die wêreld se grootste kontinent in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 44 579 000 km2 wat 33% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 4 miljard mense – ongeveer 60% van die wêreldbevolking.

Geografie

[wysig | wysig bron]
Kerala se strandmere
Mongoolse steppe
Suid-Chinese karst
Altai-gebergte
Hunza-vallei

Asi?, wat saam met Europa ’n onderdeel van die groot wêrelddeel genaamd Eurasi? vorm, is die grootste van die aarde se vyf vastelande. Dit beslaan 'n oppervlakte van ongeveer 44 miljoen km2, oftewel een derde van die wêreld se totale landoppervlakte. Afgesien van ’n aantal eilande in die suidooste, is die hele Asi? in die Noordelike Halfrond gele?. Dit strek van die Oeralgebergte, die Swartsee, die Middellandse See en die Rooisee in die weste tot by die Stille Oseaan in die ooste, vanaf die Noordelike Yssee tot by die Indiese Oseaan in die suide.

Die eilande van Indonesi?, Filippyne, Taiwan en Japan maak ook deel uit van Asi?, en so ook Siprus, in die oostelike Middellandse See, en Sri Lanka, naby die suidkus van Indi?. Die vernaamste berge in Asi? is in twee gordels gegroepeer. Die eerste gordel strek vanaf die Chukchi-skiereiland by die Beringstraat, deur Suid-Siberi?, tot by die Tiensjan in Noordwes-China. Die tweede gordel begin in Turkye en sluit die hooglande van Iran en Afghanistan sowel as die Himalaja in; oos van Tibet swenk dit suidoos tot by Maleisi?.

Die Asiatiese vasteland bevat die hoogste en laagste plekke in die wêreld – Berg Everest in die Himalaja is 8 848 meter bo seespie?l en die Dooie See is 395 meter onder seespie?l. Die Baikalmeer in Suidoos-Rusland, naby Mongoli?, vorm die wêreld se diepste trog – die meer is 1 620 meter diep en die bodem is 1 295 meter onderkant seespie?l.

Die Kaspiese See en die Aralmeer is oorblyfsels van veel groter see wat vroe?r daar bestaan het. Van die grootste riviere in die wêreld kom in Asi? voor, onder andere die Mekong, Yangtze en Geelrivier in China en die Indus, Ganges en Chao Phraya in Indi?. In Siberi? vries die riviere in die winter, soms tot op die bodem. In die verre noorde van die vasteland bly die grond permanent bevrore en slegs 'n dun lagie bogrond ontdooi in die kort somers. Onmiddellik suid van hierdie toendra-gebied is 'n bre? gordel onvrugbare sand, waarin uitgestrekte naaldwoude voorkom.

Verder suid lê die sogenaamde landboudriehoek van Rusland en Oekra?ne (tussen Sint Petersburg, Odessa en Irkoetsk). Die grond is humusryk en die verhouding tussen re?nval en verdamping is eweredig. Daarop volg die steppe- en woestyngebied, waar die re?nval afneem en die temperatuur styg. Die gebied is oor die algemeen vrugbaar, maar besproeiing is noodsaaklik vir landbou. Weens die minerale samestelling van die grond en die feit dat verdamping ho?r as die re?nval is, ontstaan daar plek-plek soutvlaktes en -mere. Suidwes-Asi? maak deel uit van die dro?woestyngordel wat van die Sahara in Afrika tot by die Gobiwoestyn in Mongoli? strek.

Suid van die sentrale gebergtes, in Indi? en Suidoos-Asi?, word die minerale in die grond deur die swaar moesonre?ns weggespoel. Die grond is kleierig, arm aan humus, met harde laterietbodems en wissel in kleur van geel tot rooibruin. Die vrugbaarste grond in die tropiese en subtropiese gebiede is vulkaniese grond, soos die in die hooglande van Dekan.

Die valleie en deltas van die groot riviere in Indi? en China en van die Tigris en Eufraat in Klein-Asi? bevat ook baie vrugbare grond. Die re?nval in Asi? wissel drasties van streek tot streek en word grootliks deur die sentrale bergreekse be?nvloed. Westewinde bring genoeg re?n vir die ooskuste van die Middellandse See en die Swartsee, maar ooswaarts word die re?n al hoe minder en bereik glad nie die lande oos van die Arabiese Skiereiland nie.

Die suidwesmoesonwinde bring oorvloedige re?n vir Indi? en Suidoos-Asi?. Die kort winters is die enigste dro? tydperke. Die eilande van Indonesi? en Maleisi?, nader aan en op die ewenaar, het 'n tropiese re?nwoudklimaat. Sentraal-Asi?, tussen die Kaspiese See en die Gobiwoestyn, word deur die berge van die moesonre?ns afgesny.

Bokant 50 grade noorderbreedte in Rusland is die somers droog en warm en die winters nat en koud. Verder noordwaarts· heers 'n tipiese arktiese klimaat, wat ook in groot mate in die hoogliggende gebergtes voorkom.

Fauna en Flora

[wysig | wysig bron]

Naas uitgestrekte grasvlaktes, woestyne en woude, bestaan Asi? uit ho? plato's en bergreekse met die hoogste pieke in die wêreld. Daar kom dus 'n groot verskeidenheid plante en diere voor. Die sterk ooreenkoms tussen die fauna en flora van Asi? en dié van die Amerikas versterk die vermoede dat daar in die ystertydperk 'n landbrug in die gebied van die Beringstraat moes bestaan het.

Toendra

[wysig | wysig bron]
Toendra-vlakte met mere in Noord-Siberi? by die Russiese stad Doedinka

In die verre noorde van Asi? tref 'n mens Arktiese plantegroei aan. Daar groei net mos, kort grasse en bossies in die kort somers. Die berghellings langs die noordoostelike kus van Siberi? is met welige gras bedek. Talie soorte insekte floreer in die toendra en dien as voedsel vir die groot swerms vo?ls wat in die somer op land en langs die see broei. Kenmerkend vir die toendra is sneeuhoenders en lemmings, wat as prooi dien vir roofvo?ls, poolvosse en ander vleisvreters soos wolwe. Die meeste diere, insluitende die rendiere, migreer suidwaarts in die herfs. Kleiner knaagdiere bly egter ook in die winter daar en lewe van plantegroei wat hul onder die sneeu uitgrawe.

Taiga

[wysig | wysig bron]
Oos-Siberiese lorkebome naby Kolima in Noordoos-Siberi?

Geen bome groei op die toendra nie, maar uitgestrekte naaldwoude kom suid daarvan in die taiga voor. Hulle bestaan hoofsaaklik uit denne, sparre en lorke. In die koudste dele van die taiga oorheers die lorke. Hulle verloor hul naalde in die winter, vo?ls en knaagdiere lewe van die bome se sade in die taiga. Soms ontstaan 'n tekort aan sade en dan migreer die vo?ls op groot skaal na Europa. Die grootste diere wat in die taiga voorkom, is elande, met wolwe, losse (’n soort rooikat) en veelvrate as hul vernaamste vyande. Naaldwoude kom ook teen die berghellings in die hooglande van Tibet voor. Rododendrons van alle kleure en 'n groot verskeidenheid primulas groei daar bokant die boomgrens.

Steppes en woestyne

[wysig | wysig bron]
Steppe in Kasakstan – die begin van die lente
Sandduine in die Rub' al Khali ("le? kwartier") in die Verenigde Arabiese Emirate

Die plantegroei van Klein-Asi?, Iran, Afganistan, Tibet en Mongoli? is tipies van woestyn- en steppegebied. Loofbome groei in bosse teen die vogtige berghellings en langs die rivieroewers. Plantegroei in die steppe bestaan hoofsaaklik uit harde grasse, eenjarige plante, bolgewasse en lae struike, soos die Tamarisk. Bokwiet kom oorspronklik uit die steppe van Sentraal-Asi? en knoffel uit Wes-Asi?. Die plantegroei in Tibet is baie soos dié in China en Japan, waar perskes en appelkose oorspronklik vandaan kom. Kersies, vye, druiwe, hennep, gars, koring en rog, wat oorspronklik uit Klein-Asi? kom, het oral op die vasteland belangrike kultuurgewasse geword. Korea, Mantsjoerye en Oos-China het 'n ho? re?nval, met subtropiese plantegroei in die suidelike dele.

Die uitgestrekte steppe was die oorspronklike habitat van die wilde perd, maar vandag kom die egte wilde perd (Equus przewalski) nog net in Mongoli? voor. Mongoli? is ook die woonplek van die laaste wilde kamele. Hulle is skraler, met korter, harder hare as die mak kameel.

Baie soorte knaagdiere kom in die steppes voor, onder andere die fluithaas, wat 'n wintervoorraad van afgeknaagde plante opbou. In die warm woestyne van Suidwes-Asi? tref 'n mens nog wilde esels aan sowel as 'n soort gasel wat hom by die klimaat aangepas het. Op die hooglande van Tibet kom die wilde jak (knorbuffel) voor. Sy digte pels beskerm hom teen die koue. Die kleiner huisjak is meer as 3000 jaar gelede al deur die Tibettane getem. Hy is 'n nuttige pak- en rydier en word ook aangehou vir melk en vleis. Sy pels het verskeie uiteenlopende gebruike. Hoog in die berge woon wilde skape en bokke, met die sneeuluiperd as hul grootste vyand. Die sneeuluiperd is die enigste lid van die luiperdfamilie wat bokant die boomgrens woon.

Bere is swerfdiere wat yl bevolkte, bergagtige gebiede as woonplek verkies. Daar is bruinbere in Tibet en knaagbere in die berge van Suidoos-Asi?. In die bamboesbosse teen die berghange van Tibet en Wes-China woon die groot pandabeer. Sy kleiner neef kom ook in die aangrensende gebiede voor. Hulle lewe hoofsaaklik van plante.

Tropiese woude

[wysig | wysig bron]
Lugfoto van die Himalajagebergte

Suid van die Himalaja lê die tropiese en subtropiese gebiede van Asi?. Plek-plek kom daar wel struikwoestyne en dro? bosse voor, maar tropiese re?nwoude met 'n groot verskeidenheid van plante en diere oorheers. Baie van die boomsoorte lewer waardevolle hout, soos byvoorbeeld ysterhout, wat so swaar is, dat dit in water sink. Omdat daar geen groeiseisoen is nie, dra bome dwarsdeur die jaar vrugte. Baie van die tropiese plante lewer bekende speserye en grondstowwe, onder andere gemmer, kaneel en katoen.

Op die eilande is rubberplantasies en palms 'n algemene verskynsel. In die subtropiese savannegebiede woon 'n soort antiloop en die uiters seldsame Indiese leeu. Die grootste oerwoudbewoners is Asiatiese olifant, wat effens kleiner is as hul neefs in Afrika. Tiers, 'n klein soort renoster, Indiese-tapirs en orangoetangs se getalle is vinnig besig om af te neem. Dieselfde gebeur met die veelkleurige fisante van Suidoos-Asi?.

Riviere en mere

[wysig | wysig bron]

Vis, op baie plekke die Asiate se enigste eiwitvoedsel, kom in groot getalle in al die riviere voor, veral in die koue riviere van Siberi?. Rivierdolfyne kom in die groter riviere voor. In die tropiese en subtropiese gebiede tref 'n mens 'n paar soorte krokodille, waterskilpaaie en waterslange aan. Die Baikalmeer in Siberi? is die habitat van die wêreld se enigste varswaterrob.

Skiereilande

[wysig | wysig bron]

Arabi? en die Indiese subkontinent

[wysig | wysig bron]
Nasa-Satellietbeeld van die Indiese subkontinent
Die Arabiese Skiereiland

Arabi? is die grootste skiereiland ter wêreld en lê tussen die Rooisee en die Persiese Golf. Dit het 'n oppervlakte van sowat drie miljoen km2 (ter vergelyking: die oppervlakte van Suid-Afrika is sowat 1 200 000 km2). Tog woon hier baie min mense, aangesien dit een van die droogste gebiede op aarde is.

Die re?nval is so laag dat daar nie 'n enkele standhoudende rivier in hierdie hele uitgestrekte gebied is nie. 'n Groot deel van die binneland van die Arabiese skiereiland is ware woestyn, hoewel daar op sekere plekke 'n skraal plantegroei voorkom. Die hooglande van Jemen en Oman kry genoeg re?n dat 'n paar gewasse verbou kan word, maar in die meeste ander dele is besproeiing noodsaaklik. Koffie word op die hooglande verbou, terwyl dadels en graansoorte by die oases gekweek word.

Kleinveeboerdery is die vernaamste menslike bedrywigheid, en skape, bokke, perde en kamele word aangehou. Arabi? se rykdom lê egter nie op die grondoppervlak nie, maar daaronder: petroleum, wat veral aan die oostelike deel van die skiereiland groot rykdom besorg het. 'n Groot deel van die totale jaarlikse wêreldproduksie van petroleum kom uit hierdie streek. As die Indiese subkontinent beskou word as die gebied wat suid van die Indus-Ganges-vlakte lê, is die gebied effens kleiner as Arabi?.

Die grootste deel van die skiereiland bestaan uit die Indiese Dekkan, 'n uitgestrekte plato wat sowat 600 m bo seevlak lê. Die Dekkan word in die ooste en in die weste deur berge begrens. Die Wes-Ghats is die hoogste van hierdie bergreekse en styg tot sowat 2 500 m bo seevlak (Anai Mudi). Die re?nval van hierdie skiereiland kom streng seisoensgewys voor en die enigste rede waarom die gebied so baie mense kan onderhou, is die grootskeepse gebruik van besproeiing. Rys is die vernaamste oes langs die kus, terwyl Indiese manna of Guinee-koring op die plato self gekweek word. Katoen is baie belangrik in die noordwestelike deel van die Dekkan.

Indo-China

[wysig | wysig bron]
Ligging van Indo-China

Hierdie skiereiland lê tussen Indi? en China en is die suidelikste Asiatiese skiereiland. Dit strek in die suidweste tot by die lang, smal Maleise Skiereiland (Malakka), wat op sy beurt byna tot by die ewenaar strek. Die skiereiland omvat lande soos Mianmar, Thailand, Kambodja, Laos en Vi?tnam. Die belangrikste landbouprodukte van die skiereiland met sy moesonklimaat is rys, rubber, tee, katoen, tabak en piesangs. Hierdie deel van Asi? is egter ook ryk aan delfstowwe, veral tin en tungsten.

Kleiner skiereilande

[wysig | wysig bron]

Daar is nog baie kleiner skiereilande in Asi?. Tussen die See van Ochotsk en die Beringsee lê die Kamtsjatka-skiereiland (270 000 km2). Van die noordooste na die suidweste op hierdie skiereiland loop die vulkaniese Sredinni-gebergte. Die hoogste spits is Kloetsjef (4 778 m). Vanwe? die uiters ongunstige klimaatsomstandighede is die eiland, wat sedert 1706 aan Rusland behoort, baie dun bevolk.

Tussen die Geelsee en die See van Japan lê die skiereiland van Korea (220 000 km2); die Seestraat van Korea skei hierdie skiereiland van die Japanse eilande. Die oostelike deel is bergagtig en woudryk. In die weste word diep, vrugbare grond intensief benut. Die noordelike deel van die skiereiland is ryk aan verskeie minerale: goud, yster, steenkool, koper en lood. Die grootste rivier, die 790 km lange Yalu, vorm die grens tussen Korea en Mantsjoerye.

Eilande

[wysig | wysig bron]
Nasa-Satellietbeeld van die Aleoetiese Eilande
Nasa-Satellietbeeld van die Koerile
Kaart van die Japanse Argipel

Asi? is 'n besonder eilandryke vasteland. Die ooskus van Asi? bestaan uit 'n reeks eilandkettings, wat van Alaska tot by Sumatra strek. Kleiner eilandgroepe kom voor in die Golf van Bengale, in die Arabiese See en in die Noordelike Yssee. Die belangrikste eilandgroepe en eilande is (van noord na suid):

Die Aleoetiese Eilande

[wysig | wysig bron]

Hierdie eilandketting lê tussen Alaska en Kamtsjatka en omvat sowat 150 eilande en eilandjies van vulkaniese oorsprong. Die eilandketting is 1 750 km lank en beslaan 'n totale oppervlakte van 17 450 km2. Die klimaat is straf en die re?nval hoog. Die eilande word deur sowat 6 000 mense, meestal Inu?ete, bewoon. Die Aleoete is in 1741 ontdek en is in 1867 saam met Alaska deur die Verenigde State van Rusland gekoop.

Die Koerile

[wysig | wysig bron]

Die Koerile is 'n 1 200 km lange eilandboog tussen Kamtsjatka en Japan. Dit bestaan uit altesame 36 eilande van vulkaniese oorsprong met 'n totale oppervlakte van 15 600 km2. Die Koerile het tot in 1945 aan Japan behoort. Daarna het dit onder die beheer van die Sowjetunie gekom en behoort nou aan Rusland.

Die Japanse eilande

[wysig | wysig bron]

Japan bestaan uit vier hoofeilande en meer as 8 000 kleiner eilande met 'n totale oppervlakte van 372 487 km2. Die eilande strek oor meer as 4 000 km van noord na suid. Die hoofeilande is Honsjoe, Hokkaido, Sjikokoe en Kioesjoe. Die eilande het talle inhamme en baaitjies aan die kus, terwyl die binneland in die algemeen taamlik bergagtig is. In Japan is daar 192 vulkane (waarvan 58 aktief) en talle warmwaterbronne, en die land word dikwels deur aardbewings geteister. Die· hoogste berg is Foedji (3 776 m) op die eiland Honsjoe. Die noordelike deel van Japan het 'n gematigde en die suidelike deel 'n subtropiese moesonklimaat.

Taiwan

[wysig | wysig bron]

Hierdie eiland, wat hoofsaaklik deur Chinese bewoon word, het 'n oppervlakte van 36 000 km2 en 16 in die Oos-Chinese See. Die klimaat is gematig en die plantegroei welig Die belangrikste landbouprodukte is rys, suiker, patats, kanfer, neute, tee en hennep, terwyl goud, steenkool en aardolie ontgin word. Die berge in die ooste bereik by Mount Morrison 'n hoogte van 3 997 m. Die westelike deel van die eiland bestaan grotendeels uit laagland. Taiwan het vroe?r as Formosa bekend gestaan.

Suidoos-Asiatiese eilande

[wysig | wysig bron]
Kaart van die Maleise argipel

Tussen Asi? en Australi? lê die eilande-wêreld van Indonesi? en die Maleise argipel. Die meer as 22 000 eilande vorm die grootste argipel op aarde. Tot die argipel behoort onder meer die Soenda-eilande, die Molukke en die Filippyne. In hierdie aardbewingryke gebied word sowat 130 aktiewe vulkane aangetref. Die grootste eiland van die argipel, en een van die grootste eilande ter wêreld, is Borneo (ook bekend as Borneo; 751 000 km2).

Die binneland van hierdie eiland is baie bergagtig en dig bebos. Die sowat 6 miljoen inwoners woon hoofsaaklik in die kusstreke. Ander groot eilande is: Soematra (473 600 km2), Sulawesi (vroe?r bekend as Celebes; 189 035 km2) en Java (132 267 km2). Die Filippyne (300 000 km2) bestaan uit 7 107 eilande, waarvan 730 bewoon word. Die grootste eilande is Luzon, Mindanao, Samar, Negros en Palawan. Hierdie eilande het 'n tropiese klimaat. Die Molukke (Maloekoe) lê tussen Sulawesi en Nieu-Guinee; hierdie eilande het 'n totale oppervlakte van 74 505 km2 en word deur sowat 'n miljoen mense bewoon. Op hierdie eens beroemde spesery-eilande speel die verbouing van speserye vandag net nog 'n baie klein rol.

Ander Asiatiese eilande

[wysig | wysig bron]

Ander Asiatiese eilande word in die Noordelike Yssee, die Indiese Oseaan en die Middellandse See aangetref. Die grootste Asiatiese eilande in die Noordelike Yssee is Nowaja Zemlja (81 400 km2), Franz Josef-land (18 940 km2) en die Nieu-Siberiese Eilande. Die grootste eiland in die Indiese Oseaan is Sri Lanka of Ceylon, aan die suidpunt van Indi?. Dit het 'n oppervlakte van 65 610 km2. Daar is twee eilandgroepe in die Indiese Oseaan, die Andamane en die Nikobare, met 'n gesamentlike oppervlakte van 6 582 km2. Die grootste eiland in die Middellandse See wat tot Asi? behoort, is Siprus (9 251 km2). Die eiland word deur Grieke en Turke bewoon wat koring, olywe, druiwe en neute verbou.

Lande

[wysig | wysig bron]
Nasa-Satellietbeeld van Asi?
Kaart van Asi?
Politiese kaart van Asi?
Die Verenigde Nasies se indeling van Asi? in substreke:[3]

   Noord-Asi?

   Sentraal-Asi?

   Wes-Asi?

   Suid-Asi?

   Oos-Asi?

   Suidoos-Asi?

Taalfamilies in Asi?
Naam van streek en gebied, met vlag Oppervlak
(km2)
Bevolking[4] Bevolkingsdigtheid
(per km2)
Hoofstad
Sentraal-Asi?
Vlag van Kasakstan Kasakstan 2 724 927 16 536 000 6 Noer-Soeltan
Vlag van Kirgisi? Kirgisi? 199 951 5 587 443 28 Bisjkek
Vlag van Oesbekistan Oesbekistan 447 400 28 128 600 63 Tasjkent
Vlag van Tadjikistan Tadjikistan 143 100 7 627 200 53 Doesjanbe
Vlag van Turkmenistan Turkmenistan 488 100 4 997 503 10 Asjchabat
Oos-Asi?
Vlag van Hongkong Hongkong (Volksrepubliek China) 1 104 7 122 508 6 452
Vlag van Japan Japan 377 947 127 920 000 339 Tokio
Vlag van Noord-Korea Noord-Korea 120 540 23 479 095 184 Pjongjang
Vlag van Suid-Korea Suid-Korea 98 480 49 232 844 491 Seoel
Vlag van Macau Macau (Volksrepubliek China) 25 460 823 18 473
Vlag van Mongoli? Mongoli? 1 565 000 2 996 082 2 Ulaanbaatar
Vlag van Republiek China Republiek China 35 980 22 920 946 627 Taipei
Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China 9 640 821 1 322 044 605 134 Beijing
Noord-Asi?
Vlag van Rusland Rusland 13 119 600 37 630 081 3 Moskou
Suidoos-Asi?
Vlag van Broenei Broenei 5 770 381 371 66 Bandar Seri Begawan
Vlag van Filippyne Filippyne 300 000 92 681 453 309 Manila
Vlag van Indonesi? Indonesi? 1 919 440 230 512 000 120 Djakarta
Vlag van Kambodja Kambodja[5] 181 035 13 388 910 74 Phnom Penh
Vlag van Laos Laos 236 800 6 677 534 28 Vientiane
Vlag van Maleisi? Maleisi? 329 847 27 780 000 84 Kuala Lumpur
Vlag van Mianmar Mianmar 676 578 47 758 224 70 Naypyidaw
Vlag van Oos-Timor Oos-Timor 15 007 1 108 777 74 Dili
Vlag van Singapoer Singapoer 704 4 608 167 6 546 Singapoer
Vlag van Thailand Thailand 514 000 65 493 298 127 Bangkok
Vlag van Vi?tnam Vi?tnam 331 690 86 116 559 260 Hanoi
Suid-Asi?
Vlag van Afghanistan Afghanistan 647 500 32 738 775 43 Kaboel
Vlag van Bangladesj Bangladesj 147 570 153 546 901 1041 Dhaka
Vlag van Bhoetan Bhoetan 38 394 682 321 18 Thimphu
Vlag van Indi? Indi? 3 287 263 1 147 995 226 349 Nieu-Delhi
Vlag van Iran Iran 1 648 195 70 472 846 43 Teheran
Flag of the Maldives Maledive 300 379 174 1 263 Malé
Vlag van Nepal Nepal 147 181 29 519 114 201 Katmandoe
Vlag van Pakistan Pakistan 803 940 167 762 049 209 Islamabad
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka 65 610 21 128 773 322 Sri Jayawardenepura
Wes-Asi?
Vlag van Armeni? Armeni? 29 800 3 299 000 281 Jerewan
Vlag van Azerbeidjan Azerbeidjan 86 660 8 845 127 102 736 Bakoe
Vlag van Bahrein Bahrein 665 718 306 987 Manama
Vlag van Georgi? Georgi? 69 700 4 636 400 65 Tbilisi
Vlag van Irak Irak 437 072 28 221 181 55 Bagdad
Vlag van Israel Israel 20 770 7 112 359 290 Jerusalem (omstrede)
Vlag van Jemen Jemen 527 970 23 013 376 35 Sanaa
Vlag van Jordani? Jordani? 92 300 6 198 677 58 Amman
Vlag van Katar Katar 11 437 928 635 69 Doha
Vlag van Koeweit Koeweit 17 820 2 596 561 119 Koeweit-stad
Vlag van Libanon Libanon 10 452 3 971 941 354 Beiroet
Vlag van Oman Oman 212 460 3 311 640 13 Maskat
Palestinian flag Palestynse Owerheid 6 257 4 277 000 684 Ramallah
Vlag van Saoedi-Arabi? Saoedi-Arabi? 1 960 582 23 513 330 12 Riaad
Flag of Cyprus Siprus 9 250 792 604 84 Nicosia
Vlag van Siri? Siri? 185 180 19 747 586 93 Damaskus
Vlag van Turkye Turkye 783 562 78 741 053 102 Ankara
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate 82 880 4 621 399 30 Aboe Dhabi
Asi? Totaal 43 810 582 4 162 966 086 89

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) National Geographic Family Reference Atlas of the World. Washington, D.C.: National Geographic Society (U.S.). 2006. p. 264.
  2. "Continents of the World". The List (in Engels). Worldatlas.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020. Besoek op 25 Julie 2011.
  3. "Standard Country or Area Codes for Statistical Use" (in Engels). Millenniumindicators. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020. Besoek op 25 Augustus 2012.
  4. (en) USCensusBureau:Countries and Areas Ranked by Population: 2009 Geargiveer 13 Oktober 2013 op Wayback Machine
  5. "General Population Census of Cambodia 2008 – Provisional population totals, National Institute of Statistics, Ministry of Planning, released 3rd September 2008" (PDF) (in Engels). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2020. Besoek op 1 Junie 2010.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]


Kontinente van die wêreld


Afrika-Eurasi?

Amerikas

Eurasi?

Oseani?


Afrika

Antarktika

Asi?

Australi?

Europa

Noord-Amerika

Suid-Amerika

Geologiese superkontinente : Gondwana · Laurasi? · Pangaea · Rodinia · Ur · Vaalbara

吃百香果有什么好处 头发变黄是什么原因 中国第一艘航空母舰叫什么 6月底什么星座 三个女人一台戏什么意思
孕晚期羊水多了对宝宝有什么影响 国企属于什么编制 不应期是什么 女人什么时候停经 堪忧是什么意思
咖啡色五行属什么 四柱是什么意思 子痫前期是什么意思 波子是什么车 胚发育成什么
腺体鳞化是什么意思 fzl什么意思 早上喝豆浆有什么好处 茄子什么人不能吃 盆底肌是什么
鹦鹉能吃什么hcv9jop3ns4r.cn 仙贝是什么意思hcv8jop7ns9r.cn 底妆是什么意思hcv8jop8ns0r.cn 生性凉薄什么意思hcv7jop7ns3r.cn 尿路感染是什么症状beikeqingting.com
泡打粉可以用什么代替hcv9jop4ns7r.cn 6541是什么药hcv7jop6ns9r.cn 高血压吃什么盐hcv7jop9ns5r.cn 什么叫双规hcv9jop6ns9r.cn 胎盘位于子宫前壁是什么意思hcv7jop6ns0r.cn
低烧吃什么hcv8jop9ns6r.cn 苋菜是什么菜hcv7jop5ns6r.cn 人性的弱点是什么dayuxmw.com 尉姓氏读什么的hcv8jop5ns3r.cn 喉咙痛什么原因helloaicloud.com
莹是什么意思hcv9jop6ns4r.cn 酒后吃什么解酒最快adwl56.com 中国最贵的烟是什么烟aiwuzhiyu.com ga是什么sanhestory.com 什么的大自然hcv9jop3ns6r.cn
百度